AAN GOD AL DIE EER!

GEBORE: In Harrismith op 3 Februarie 1950 as Predikantseun

SKOOL: Willowmore, Welkom, Katberg, Potchefstroom. Matrikuleer 1967 aan Potchefstroom Gimnasium.

NASKOOLSE OPLEIDING: R.A.U.(JHB), PU vir CHO. Bekwaam hom as onderwyser en studeer later verder aan die  Univ STELLENBOSCH (Voorsitter van Studenteraad 1979-1980). Behaal B.Th in 1980 en Meestergraad in Teologie (US) 1984.

* Predikant in Helderberg-gemeente in Somerset-Wes.

*Getroud met Jeanette, n onderwyseres uit Namibie. Sy is tans huisvrou en skilder. Kinders: Petri (Sanger en Vervaardiger, Regisseur en aanbieder van program: ‘ Hier gaan ons Alweer’ ,n visvangprogram op Kyknet), Jacomien (Kopieregbestuurder en Predikantsvrou in Pretoria) en Arnold (predikant en sanger in Johannesburg). Skoonkinders: Tanya, Collin en Elschen. Kleinkinders: Aimee, Tahlia, Abigail, Jean-David en Lydia.

*Doen eerste musiekopname in 1967 en stel sedertdien  ongeveer 60 cds/kassette/plate/dvds vry waarop hy as solo-kunstenaar sing. (Sommiges is saam met ander kunstenaars of kompilasie-albums.) Talle van sy albums het goue of platinum status verwerf.

*Sedert 1983 voltyds besig met bediening van die Woord met sang en musiek. Tree landwyd op sowel as in die buiteland (o.a. in Duitsland, Switserland, Belgie, Nederland, die Verenigde Koninkryk, die VSA, Australie, Nieu Seeland en Israel) en ook in die buurlande Namibie, Swaziland, Botswana en Mosambiek.

*’n Hele aantal van sy komposisies is deur verskeie kunstenaars opgeneem soos o.a. deur Dana Winner, Ge Korsten, Coenie de Villiers, Rina Hugo, Jak de Priester, Sonja Herholdt, Carike Keuzenkamp.

*Was aanbieder van radio en tv-programme (Die Hemele Roem -Radio Orion en Soeklig  op SABC TV 2). Van sy geestelike boodskappe word gereeld op Radio RSG uitgesaai.

*Ontvang in 1975 en 1976 twee nasionale Sarie-toekennings(SA Recording Industry toekenning – deesdae die SAMA) vir sy komposisies ‘Ek verlang na jou’ en ‘Sonder jou’. Sy album Via Dolorosa verwerf n SAMA vir die beste Gospelproduksie van die jaar. Wen ook n aantal Lier-toekennings en word deur die ATKV met n oorkonde vereer vir sy bydrae tot Gospelmusiek in SA. Ontvang  n Huisgenoot-Skouspel en n Gospel Skouspel-toekenning(Radio Tygerberg) vir sy werk as Gospel-kunstenaar.

*Het n leidende rol ingeneem in die stigting van die Christelike Aksie vir Musikante, Christian Artists SA en die  South African Gospel Music Association.

*n Aantal geestelike boeke het uit sy pen verskyn, oa. WAT SAL JESUS DOEN, (wat in 1999 n nasionale toekenning ontvang het), WANDEL MET JESUS en DIE WOORDE VAN JESUS. Hy publiseer ook twee Liedereboeke vir kinders(My eerste Lofliedjies 1 en 2) en publiseer 2 Kinderbybels (beide in Afrikaans en Engels). Die laaste Bybel is ook aanlyn te koop op die Internet in Digitale vorm.

* Naas sy optredes en opnames vir volwassenes is sy KINDERPRODUKSIES baie bekend onder die titel LOFKLEUTERS en LOFLAAITIES.

* Sportbelangstellings: Het as lang afstand atleet verskeie wedlope gedoen, en o.a. 10 Comrades Marathons suksesvol voltooi. Is ook n ywerige motorfietsryer en het 2012 saam met ander Suid Afrikaners 16 Europese Alpepasse in 5 lande gery.

Jan sien enige iets wat hy bereik het as absolute genade uit die Hand van die Here. Daarom: Soli Deo Gloria!

Hoe Groot Is U

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Ek Is

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Seisoene

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Boeke