Liewe Vriende

05
Dec

Liewe Vriende, Hierdie was n dol en baie wonderlike jaar vol gebeurtenisse. Dit het omtrent verby gevlieg! Dit was my voorreg om weer landwyd te kon optree, in al ons provinsies en ook oorsee, en te kon sing van die wonderlike nuus dat die Here ons liefhet en onvoorwaardelik aanvaar. Ag, as net meer mense dit kan begryp en dit wil aanvaar. God se manier van VREDE is dat dit alleen deur VERGIFNIS verkry word. En Jesus het die groot prys betaal en in my en jou plek vegifnis verkry. Nou kan ons net hierdie feit aanvaar en vir Hom dankie se. Wonderlike nuus, voorwaar.

Ons land smag in hierdie feesseisoen na ware vrede. Vanjaar was die jaar van Lonmin-opstande, Wes-Kaapse onrus, bendegeweld, moorde, verkragtings en baie korrupsie. Ons het die Here nodig. Mag iets van Sy vrederyk n groter werklikheid word in ons land wat bloei uit duisend wonde.

Mag daar ook vir jou persoonlik en hartlik VREDE wees. Die Here is ons toekoms en hoop , kom ons sien ook uit na 2013. Hou aan bid en vertrou.

En dankie vir julle ondersteuning en gebede.

 

Hoe Groot Is U

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Ek Is

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Seisoene

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Boeke